CRYBABY
arts and culture

CRYBABY

Hosted byQuicket

About Event

Met **Frank Opperman**, **Nicole Holm**, **Wian Taljaard**, **René Cloete**, **Gantane Kusch** Op ’n doodgewone oggend, by ’n doodgewone dagsorg, beleef die driejarige Samuel die onkeerbare verwoester van onskuld – die nuus. Hy verander in ’n oogwink: van ’n doodgelukkige kind na ’n moeë volwassene, dekades verouder deur haglike hoofopskrifte, tragiese gebeure en die lot van die mensdom wat hopeloos te swaar is vir sy skouers om te dra. *Crybaby* is ’n absurde tragikomedie wat handel oor die tol wat dit eis om te lewe in ’n geldgierige wêreld waar alles in duie stort. Dit is terselfdertyd ’n liefdesbrief aan ’n mens se kinderjare en ’n onuitwisbare herinnering aan die een waarheid wat elke volwassene weet: Grootword is nie kinderspeletjies nie. Regisseur en skrywer **Carla Smith** Ontwerp **Wolf Britz** Verhoogbestuur **Jean du Plessis** ’n **Feesteforum**-produksie, moontlik gemaak deur **NATi, **ondersteun deur die **Festival Enterprise Catalyst (FEC), **in samewerking met **The Jobs Fund**.

Sunday, Oct 11

8:00 AM - 9:20 AM

Open Window Campus, Distillery Road 1, Stellenbosch

PriceR 137.5

Going

0