ATKV-Tienertoneel se nasionale wenproduksie: Die Kandidaat
arts and culture

ATKV-Tienertoneel se nasionale wenproduksie: Die Kandidaat

Hosted byQuicket

About Event

Die 62ste wenner van die ATKV-Tienertoneelkompetisie maak vanjaar ’n buiging by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit is die ATKV se oudste projek. Slegs agt produksies het vir die naelbyt-eindronde gekwalifiseer. Kom vier vanjaar se wenner en Suid-Afrika se volgende geslag jong talent saam met ons. Wanneer ’n ontploffing ’n jong moeder en haar baba huisloos laat in die klein dorpie van Biatlopol, breek chaos los. Drie politici - Tomczak, die skietlustige burgemeester; die magsbehepte Dabrowska; en die aantreklike Kowalski - baklei almal vir die burgemeesterspos. Skandaal, verraad en vuil geheime maak die stryd lelik. Terwyl korrupsie uit elke hoek syfer en donker geheime aan die lig kom, staan Biatlopol op die rand van vernietiging. ’n Absurde komedie oor mag, leuens, en ’n volk wat te lank sy oë toemaak. xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx The 62nd winner of the ATKV Youth Drama Competition takes a bow on the Woordfees stage. This is the ATKV’s oldest project. Only eight productions qualified for the final round. Join us in celebrating this year’s winner and South Africa’s next generation of talented artists. When an explosion leaves a young mother and her baby homeless in the small town of Biatlopol, chaos erupts. Three politicians—the trigger-happy mayor Tomczak, the power-hungry Dabrowska, and the charming Kowalski—are all fighting for the mayoral position. Scandal, betrayal, and dirty secrets make the battle ugly. As corruption seeps in from every corner and dark secrets come to light, Biatlopol stands on the brink of destruction. An absurd comedy about power, lies, and a people who have kept their eyes closed for far too long.

Sunday, Oct 11

12:00 PM - 1:00 PM

Open Window Campus, Distillery Road 1, Stellenbosch

PriceR 80

Going

0