
Laerskool Paarl Gimnasium Revue
About Event
Die Laerskool Paarl Gimnasium-revue maak vanjaar 'n welkome terugkeer na die verhoog met *Sit*. Die produksie bring die kreatiwiteit, energie en talent van leerders in Graad 4 tot 7 bymekaar in 'n dinamiese kombinasie van dans en toneelspel. Met oorspronklike tonele, treffende choreografie en baie humor bied *Sit* 'n vars blik op alledaagse situasies en nooi dit die gehoor om saam te lag en die unieke gees van Klein Gim te beleef. Die herlewing van hierdie geliefde tradisie maak *Sit* 'n hoogtepunt op vanjaar se kultuurkalender. **Datums en tyd:** Dinsdag, 13 Oktober om 18:30 Woensdag, 14 Oktober om 18:30 Donderdag, 15 Oktober om 18:30 **Plek:** Laerskool Paarl Gimnasium van der Lingen saal Verversings te koop voor, tydens en na die konsert.
Tuesday, Oct 13
4:30 PM - 7:30 PM
Paarl Gymnasium Primary School, Main Road, Paarl