
Eerste vir alles
About Event
Met **Frank Opperman**, **Margit Meyer-Rödenbeck** Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Dit was glad nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, gehoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Noudat die laatlammetjie die huis gaan verlaat, het Adam en Eva binnekort weer net mekaar vir geselskap. Sien hulle kans vir nog ’n honderd jaar saam en sal hulle sondes hulle ontsien? Ná baie goed en kwaad het hulle vir oulaas ’n appeltjie met mekaar te skil. ’n Komedie oor saam ou bene maak, veral as een die ander ’n ribbebeen skuld. Vervaardiger **Arena Produksiehuis** Regisseur en skrywer **Wessel Pretorius** Ontwerp **Nell van der Merwe** Verhoogbestuur **Wicus Louw** ’n Ko-produksie van die** Suidoosterfees **en** Vrystaat Kunstefees**.
Sunday, Oct 11
12:00 PM - 1:15 PM
Adam Small Auditorium, Victoria Street 15, Stellenbosch