Liewe Heksie word gescam
arts and culture

Liewe Heksie word gescam

Hosted byQuicket

About Event

Met **Eldon van der Merwe**, **Mia van der Merwe** Liewe Heksie het ’n prys in ’n talentkompetisie gewen en Karel Kat wil haar leer om mooi na haar prysgeld te kyk. Haai oe, maar groot woorde soos finansies, rente en begrotings (of is dit nou bekleinings?) laat Levinia se kop draai. Karel gee vir Levinia ’n spaarvarkie, maar die nare Geelheks wil haar kloutjies op die geld lê. Karel besluit ’n bankrekening met ’n bankkaart sal veiliger wees, maar dalk nie vir Liewe Heksie nie, want o wee, Levinia kan nie altyd so mooi onthou nie... Tel en syfers het nog nooit onder haar talente getel nie en laat haar uitgelewer aan die nare bedrieërs. Vervaardigers **Start the Conversation, Arena Produksiehuis** Regisseur en skrywer **Margit Meyer-Rödenbeck, **na die karakters van **Verna Vels** Musiek **Luca Human** Ontwerp **Gerrit Snyman **(stel), **Karon Botes **(kostuums), **Michay Winter **(maskers) Verhoogbestuur **Erynn Troup** Met die ondersteuning van **Start the Conversation**.

Sunday, Oct 11

8:00 AM - 9:00 AM

Drostdy-teater, Alexander Street 48, Stellenbosch

PriceR 130

Going

0