
HOFMEYRS IN KONSERT: Van liefde en die nag
About Event
Met **Hendrik Hofmeyr **(klavier), **Zanta Hofmeyr **(viool), **Malané Hofmeyr-Burger **(fluit), **Laurinda Hofmeyr **(sang, klavier), **Schalk Joubert **(baskitaar) Die musiek in hierdie uitvoering is geïnspireer deur die vele gedaantes van die liefde en die nag. Daar’s alles – van vreugde tot die tragiese, van koestering tot erotika, van mymeringe tot die magiese. Die konsert word aangebied deur vier befaamde Hofmeyr-musici wat saam vele pryse en toekennings op hulle kerfstok het, op nasionale én internasionale vlak. Hulle word bygestaan deur Schalk Joubert, een van ons voorste baskitaarspelers. Ondersteun deur die **Toyota Stellenbosch Woordfees **en** Momentum Aardklop**
Sunday, Oct 11
5:00 PM - 6:15 PM
Drostdy-teater, Alexander Street 48, Stellenbosch