
Boesman en Lena
About Event
Met **Veronique Jephtas**, **Brendon Daniels**, **Tshamano Sebe** Boesman en Lena is twee hawelose randfigure – uitgelewer aan mekaar, die elemente en ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk bied ’n boeiende blik op die kompleksiteit van verhoudings en maatskaplike ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en veerkragtrigheid van die menslike psige, en ons universele behoefte aan hoop, deernis en begrip. ’n Gepaste huldiging aan Suid-Afrika se grootste dramaturg wat in 2025 oorlede is. Regisseur en verwerking **Christo Davids** Skrywer **Athol Fugard** Vertaling **Vinette Ebrahim** Klankontwerp **Gideon Lombard** Verhoogbestuur **Kaylin Khan** ’n Ko-produksie van **Momentum Aardklop- **en die** Toyota Stellenbosch Woordfees. **Moontlik gemaak deur** NATi, **die **Festival Enterprise Catalyst (FEC) **en **The Jobs Fund**
Sunday, Oct 11
7:30 AM - 8:40 AM
kykNET Idasvallei Primêr, Bloekom Avenue, Stellenbosch